ONS, DIE GEMEENTE SPRINGS-OOS, BESTAAN OMDAT ONS SAAM MET JESUS CHRISTUS BESIG IS MET ‘n OPDRAG




Ons glo & leef God se Verlossingsplan!
Hartlik welkom by die Tuisblad van die NG Gemeente Springs-Oos!
Springs-Oos Gemeente staan vanaf 1 Februarie 2026 in ‘n nuwe fase in ons kerk se geskiedenis waar ons oor die volgende paar maande ‘n nuwe leraar gaan beroep. Vir almal betrokke is dit ‘n pad wat ons biddend en in afhanklikheid van die Heilige Gees se inspraak en leiding gaan loop. Graag nooi ons elke lidmaat na ons bidgeleentheid elke Sondag 08:30 tot 08:55 in die Kapel. Ons fokusgebede is gerig op die aanstellingsproses van ‘n nuwe leraar vir ons Gemeente. Kom ons vra in diepe afhanklikheid dat God vir ons sal voorsien soos wat Hy nog altyd in die verlede gedoen het.
ONS, DIE GEMEENTE SPRINGS-OOS, BESTAAN OMDAT ONS SAAM MET JESUS CHRISTUS BESIG IS MET ‘n OPDRAG
ONS ROEPING
ONS, DIE GEMEENTE SPRINGS-OOS, BESTAAN OMDAT
ONS SAAM MET JESUS CHRISTUS BESIG IS MET ‘N OPDRAG
NAAMLIK:
Om God die Vader se Verlossingsplan vir die Wêreld uit te voer
Jesus praat oor sy roeping in Johannes 4:34 en sê:
My voedsel is om die wil te doen van Hom
wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi.
En in Johannes 20:21 praat Jesus oor ons roeping:
Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle.
Waarvoor word ons gestuur? Wat is ons roeping?
Jesus stel dit duidelik:
Gaan … en maak die mense My dissipels
EN
Leer hulle om alles te doen wat Ek gesê het
(Matt.28:18-20)
1 Korintiërs 3:9
Ons is medewerkers in diens van God
2 Korintiërs 5:19
Die boodskap van versoening het God aan ons toevertrou
As lidmate van Springs-Oos weet elkeen van ons:
EK IS DEEL VAN GOD SE VERLOSSINGSPLAN VIR DIE WêRELD
VERKLARING: KERKRAAD EN GEMEENTE SPRINGS-OOS
14 November 2016
1. Ons glo in die Drie-Enige God , Vader, Seun en Heilige Gees,
(…die Almagtige God wat alles geskep het, wat ons verlos het deur Jesus
Christus se kruisdood en opstanding en wat ons lewens rig en lei deur die
werking van die Heilige Gees).
2. Ons bely dat Jesus Christus die Hoof van ons kerk is.
3. Ons stel onsself oop vir die volle werking van die Heilige Gees
4. Ons beskou die Woord van God as gesaghebbend en as basis vir al ons besluite.
Ons verwerp enige valse lering wat in stryd is met die onfeilbare Woord van God.
5. Ons bely ons afhanklikheid van God en ons is oortuig daarvan dat ons Hom in
gehoorsaamheid moet dien.
6. Ons is bereid om lewende getuies van die Here te wees.
7. Ons is die Liggaam van Christus en lede afsonderlik. Elkeen moet ‘n bydrae lewer
deur die Gawes van die Heilige Gees toe te laat om in en deur ons te opereer.
Lees asseblief die Profetiese Woord wat oor die gemeente uitgespreek is:
Kontak Ons:
+27 78 493 2140
kantoor@ngksprings-oos.co.za
1 Sackvilleweg,
Casseldale,
Springs, 1559
Gauteng