Die NG Gemeente Springs-Oos is al vir meer as 76 jaar gevestig in die Oos Rand van Gauteng. Deur die jare het ons verskeie hoogtepunte beleef. Ons groei egter steeds elke dag en verander elke dag omdat ons strewe om meer te leef soos Jesus Christus on innerlike mens verander.
Ons is ‘n diverse gemeente wat ‘n aktiewe rol in die gemeenskap speelen uitreik na die mense om ons. Dit is onwillekeurig wat sal volg wanneer ons streef daarna om God se Verlossingsplan aktief en daadwerklik te leef.
Profetiese woord deur ds. Dawie le Roux (17 November 1996) ontvang en oorgedra tydens ‘n erediens in diè kerkgebou:
So sê die Here van die leërskare vir sy kinders in Springs-Oos: “My kinders, julle het My Woord gehoor wat tot julle gekom het*. Dit is My Woord aan julle – gee ag daarop! Moet dit nie gering ag nie. Ek wil hierdie gemeente aanraak. Ek wil julle nuut maak. Ek wil Springs-Oos kragtig in My koninkryk gebruik, maar Ek, die Here, vra gehoorsaamheid van julle, absolute gehoorsaamheid aan My, die Here. Ek wil julle seën en julle gebruik. Ek het julle nodig in My koninkryk. Ek wil julle getuienis seën en dit bekragtig – maar weer sê Ek vir julle: Leef naby aan My en My koninkryk sal deur julle gebou word. Gee ag op My woorde My kinders, gee ag. Groot is die dinge wat Ek vir hierdie gemeente beplan!”
* Ds. Andrew Kruger het daardie oggend uit Jesaja 59 gelees