NG Kerk Springs-Oos

Ons glo & leef God se Verlossingsplan!

Meer oor ons gemeente –

Die gemeente het in 2010 sy platinum fees gehou ter herdenking van 70 jare se bestaan deur due genade van die Here. Ons is nie alleen ‘n gemeente wat versorg en geseen is deur die Here vir 70 opwindende jare nie, maar by uitstek is ons ‘n gemeente wat deur God geroep en gestuur is!

Ons is ‘n diverse gemeente waar daar ruimte geskep word vir elke geroepene om sy/haar bediening en gawe tot volle potensiaal te kan uitleef. Daar word plek gemaak en ‘n platform gebou waar elke broer en suster in Christus kan groei en leef om die man en vrou te wees wat God bedoel het dat hy en sy moet wees. Hier kan elke lidmaat die planne en drome wat God vir hom en haar het volgens Jeremia 29:11 tot verwesenliking bring.

Jeremia 29:11
Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!

VERKLARING: KERKRAAD NG GEMEENTE SPRINGS-OOS

14 November 2016
1. Ons glo in die Drie-Enige God , Vader, Seun en Heilige Gees,
(…die Almagtige God wat alles geskep het, wat ons verlos het deur Jesus
Christus se kruisdood en opstanding en wat ons lewens rig en lei deur die
werking van die Heilige Gees).
2. Ons bely dat Jesus Christus die Hoof van ons kerk is.
3. Ons stel onsself oop vir die volle werking van die Heilige Gees
4. Ons beskou die Woord van God as gesaghebbend en as basis vir al ons besluite.
Ons verwerp enige valse lering wat in stryd is met die onfeilbare Woord van God.
5. Ons bely ons afhanklikheid van God en ons is oortuig daarvan dat ons Hom in
gehoorsaamheid moet dien.
6. Ons is bereid om lewende getuies van die Here te wees.
7. Ons is die Liggaam van Christus en lede afsonderlik. Elkeen moet ‘n bydrae lewer
deur die Gawes van die Heilige Gees toe te laat om in en deur ons te opereer.

Lees ook die Profetiese Woord wat oor die gemeente uitgespreek is.

So spreek die Here van die Leerskare vir Sy kinders…MEER>>

Kontak Ons:
+27 87 702 3452
+27 87 519 8111
kantoor@ngksprings-oos.co.za

1 Sackvilleweg,
Casseldale,
Springs, 1559
Gauteng